29 April–5 Mei
PSALM 34-35
Lied 10 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. ‘Loof Jehovah altyd’
(10 min.)
Dawid het Jehovah geloof selfs wanneer hy deur moeilike tye gegaan het (Ps 34:1; w07 3/1 22 ¶11)
Dawid het oor Jehovah gespog, nie oor homself nie (Ps 34:2-4; w07 3/1 22 ¶13)
Dawid se woorde het sy vriende versterk (Ps 34:5; w07 3/1 23 ¶15)
Nadat Dawid van Abimeleg af vertrek het, het 400 manne wat ongelukkig was onder die heerskappy van koning Saul by hom in die wildernis aangesluit (1Sa 22:1, 2). Dawid het dalk aan hierdie manne gedink toe hy hierdie psalm geskryf het. – Ps 34, opskrif.
VRA JOU AF: ‘Hoe kan ek Jehovah loof wanneer ek met iemand by die volgende vergadering praat?’
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Ps 35:19 – Wat het Dawid bedoel toe hy Jehovah gevra het om nie toe te laat dat dié wat hom haat ‘hulle oë knip’ nie? (w06 5/15 20 ¶1)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 34:1-22 (th studie 5)
4. Begin ’n gesprek
(2 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Die gesprek eindig voordat jy vir die persoon kon preek (lmd les 1: Punt 4).
5. Volg op
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. (lmd les 2: Punt 4)
6. Verduidelik wat jy glo
(5 min.) Demonstrasie. ijwfq 59 – Tema: Hoe besluit Jehovah se Getuies of ’n vakansiedag aanvaarbaar is of nie? (th studie 17)
Lied 59
7. Drie maniere om Jehovah by vergaderinge te loof
(15 min.) Bespreking.
Vergaderinge gee ons baie geleenthede om Jehovah te loof. Hier is drie maniere.
Gesprekke: Praat met ander oor hoe goed Jehovah is (Ps 145:1, 7). Het jy ’n spesifieke punt gehoor of gelees wat jou gehelp het? Het jy ’n goeie ondervinding in die velddiens gehad? Het iemand jou aangemoedig deur wat hulle gesê of gedoen het? Het jy iets in die skepping gesien wat jou beïndruk het? Dit is alles geskenke van Jehovah (Jak 1:17). Kom ’n paar minute vroeër sodat jy tyd het om met ander te gesels.
Antwoorde: Probeer om ten minste een antwoord by elke vergadering te gee (Ps 26:12). Jy kan ’n direkte antwoord op die vraag gee of iets sê oor ’n bykomende gedagte, ’n teks, die prent of hoe om die inligting toe te pas. Aangesien ander heel moontlik ook hulle hande saam met jou sal opsteek, berei ’n paar antwoorde voor. Meer sal ’n geleentheid hê om aan “God ’n lofoffer [te] bring” as ons antwoorde 30 sekondes of minder is. – Heb 13:15.
Liedjies: Sing die Koninkryksliedjies uit volle bors (Ps 147:1). Jy mag dalk nie gevra word om by elke vergadering te antwoord nie, veral nie in ’n groot gemeente nie, maar jy kan altyd die liedjies saam sing. Selfs al voel jy dat jy nie ’n goeie sanger is nie, kan jy seker wees dat dit Jehovah gelukkig maak wanneer jy jou bes doen! (2Kor 8:12). Jy kan voorberei deur die liedjies by die huis te oefen.
Speel die VIDEO Ons geskiedenis in aksie – Om te kan sing is ’n geskenk, Deel 1. Vra dan vir die gehoor:
Hoe het ons gedurende die begin van ons hedendaagse organisasie gewys dat dit belangrik is om Jehovah deur middel van sang te loof?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 9 ¶1-7, inleiding tot deel 3 en venster op bl. 70