Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

4-10 Maart

PSALM 16-17

4-10 Maart

Lied 111 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. “Jehovah, my Bron van goeie dinge”

(10 min.)

Vriendskappe met dié wat Jehovah dien, maak ons gelukkig (Ps 16:​2, 3; w18.12 26 ¶11)

Ons voel gelukkig wanneer ons weet dat ons Jehovah se vriend is (Ps 16:​5, 6; w14 2/15 29 ¶4)

Die feit dat Jehovah ons geestelik beskerm, laat ons veilig voel (Ps 16:​8, 9; w08 2/15 3 ¶2-3)

Soos Dawid geniet ons ’n betekenisvolle lewe omdat ons aanbidding om Jehovah draai, ons Bron van goeie dinge.

VRA JOU AF: ‘Hoe is my lewe nou beter as voordat ek in die waarheid gekom het?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 17:8 – Wat beteken dit wanneer die Bybel sê: “Appel van u oog”? (it-2-E 714)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(1 min.) HUIS TOT HUIS. Bied die Gedenkmaaluitnodiging aan (th studie 11).

5. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Bied die Gedenkmaaluitnodiging aan. Nadat die persoon belangstelling gewys het, noem en bespreek die video Herdenk Jesus se dood (th studie 9).

6. Begin ’n gesprek

(2 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Bied die Gedenkmaaluitnodiging aan (th studie 2).

7. Maak dissipels

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 20

8. Hoe kan ons vir die Gedenkmaal voorberei?

(15 min.) Bespreking.

Omdat ons gehoorsaam wil wees aan Jesus se bevel, sal ons die dood van Jesus op Sondag 24 Maart herdenk, terwyl ons dink aan die twee grootste bewyse van liefde in die geskiedenis (Lu 22:19; Joh 3:16; 15:13). Hoe kan ons vir hierdie spesiale geleentheid voorberei?

  • Neem soveel as moontlik deel aan die kampanje om mense na die spesiale toespraak en Gedenkmaal te nooi. Maak ’n lys van mense wat jy wil nooi. As enige iemand buite jou gebied bly, kyk op jw.org om ’n tyd en plek van ’n vergadering in hulle gebied te vind.

  • Probeer om gedurende Maart en April meer in die bediening te doen. Kan jy hulppionierdiens doen, met die doelwit om 15 of 30 uur te doen?

  • Begin op 18 Maart lees oor die belangrike dinge wat gedurende die laaste week van Jesus se lewe gebeur het. Jy kan besluit hoeveel jy elke dag gaan lees uit die “Bybelleesrooster vir die Gedenkmaal vir 2024” op bladsy 6-7

  • Kyk op die dag van die Gedenkmaal na die spesiale Oggendaanbidding-program op jw.org

  • Verwelkom onbedrywiges en dié wat die Gedenkmaal vir die eerste keer bywoon. Bied aan om ná die Gedenkmaal enige vrae te beantwoord. Reël om dié wat die Gedenkmaal bygewoon het te besoek om hulle te help om meer te leer

  • Dink na oor die losprys voor en ná die Gedenkmaal

Speel die VIDEO Herdenk Jesus se dood. Vra dan vir die gehoor:

Hoe kan ons hierdie video gedurende die Gedenkmaalkampanje gebruik?

9. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 73 en gebed