Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

8-14 April

PSALM 26-28

8-14 April

Lied 34 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Hoe Dawid sy integriteit versterk het

(10 min.)

Dawid het Jehovah gevra om hom te help om ’n beter persoon te word (Ps 26:​1, 2; w04 12/1 14 ¶8-9)

Dawid het slegte assosiasie vermy (Ps 26:​4, 5; w04 12/1 15-16 ¶12-13)

Dawid was lief daarvoor om Jehovah te aanbid (Ps 26:8; w04 12/1 16 ¶17-18)



Alhoewel Dawid foute gemaak het, het hy Jehovah “met opregtheid van hart” gedien (1Kn 9:4). Dawid se integriteit kon gesien word in sy heelhartige toegewydheid en liefde vir Jehovah.

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 27:10 – Hoe kan hierdie vers ons vertroos wanneer ons voel dat ons goeie vriende ons verlaat het? (w06 7/15 28 ¶15)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(2 min.) HUIS TOT HUIS. Gebruik ’n pamflet uit ons Gereedskapskissie vir Onderrigting (th studie 3).

5. Volg op

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Bespreek die vraag op die agterkant van die pamflet wat jy met jou vorige besoek gelos het. Wys vir die persoon jw.org, en wys ’n voorbeeld van wat daar gevind kan word (lmd les 9: Punt 3).

6. Toespraak

(5 min.) lmd Aanhangsel A: Punt 3 – Tema: Die aarde se omgewing gaan herstel word (th studie 13).

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 128

7. Tieners wat sedelik rein bly

(15 min.) Bespreking.

Jong Christene moet hard probeer om sedelik rein te bly. Hulle is onvolmaak en wanneer hulle jonk is, kan die begeerte om seks te hê baie sterk wees, en dit kan dit vir hulle moeilik maak om te doen wat reg is (Ro 7:21; 1Kor 7:36). Hulle moet ook stry teen die aanhoudende druk van ander om seks te hê, of dit nou met iemand van dieselfde of teenoorgestelde geslag is (Ef 2:2). Ons is so trots op dié wat aanhou om sedelik rein te bly.

Speel die VIDEO My tienerlewe – Hoe kan ek die druk weerstaan om seks te hê? Vra dan vir die gehoor:

  • Watter druk het Cory en Kamryn ondervind?

  • Wat het hulle gehelp om sedelik rein te bly?

  • Watter Bybelbeginsels kan jou help wanneer jy in soortgelyke situasies is?

8. Gemeentelike Bybelstudie

(30 min.) bt hfst. 8 ¶5-12

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 38 en gebed