28 April–4 Mei
SPREUKE 11
Lied 90 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Moet dit nie sê nie!
(10 min.)
Moenie iets sê wat jou “medemens” kan seermaak nie (Spr 11:9; w02 5/15 26 ¶4)
Moenie iets sê wat verdeeldheid kan veroorsaak nie (Spr 11:11; w02 5/15 27 ¶2-3)
Moenie iets wat vertroulik is, openbaar nie (Spr 11:12, 13; w02 5/15 27 ¶5)
DINK HIEROOR NA: Hoe help Jesus se woorde in Lukas 6:45 ons om nie dinge te sê wat ander kan seermaak nie?
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Spr 11:17 – Hoe help dit ons om liefdevol te wees? (g20.1 11, venster)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Spr 11:1-20 (th studie 5)
4. Begin ’n gesprek
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Soek vir ’n geleentheid om vir die persoon iets te sê wat jy by ’n onlangse vergadering geleer het (lmd les 2: Punt 4).
5. Volg op
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Noem en bespreek ’n video uit die Gereedskapskissie vir Onderrigting (lmd les 8: Punt 3).
6. Maak dissipels
(4 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan en demonstreer dit (lmd les 10: Punt 3).
Lied 157
7. Moenie dat jou tong die vrede vernietig nie
(15 min.) Bespreking.
Omdat ons onvolmaak is, sal ons iets verkeerd sê (Jak 3:8). Maar as ons situasies in gedagte hou waarin ons maklik hierdie fout kan maak, sal dit ons help om nie iets te sê waaroor ons later spyt sal wees nie. Hier is voorbeelde van party soorte spraak wat die vrede in die gemeente kan vernietig:
-
Ongepaste spoggery. Dit is wanneer ’n persoon homself prys. Dit kan veroorsaak dat ander met hom wil kompeteer of dat hulle jaloers word. – Spr 27:2
-
Oneerlikheid. Dit is nie net beperk tot leuens nie, dit sluit ook in om iemand met opset tot ’n verkeerde gevolgtrekking te laat kom. Selfs ’n bietjie oneerlikheid kan vertroue vernietig en ons reputasie beskadig. – Pr 10:1
-
Skadelike skinderpraatjies. Dit is wanneer iemand onnodig oor ander mense en hulle lewens praat en die feite verdraai of hulle private sake openbaar (1Ti 5:13). Dit kan lei tot stryery en verdeeldheid
-
Onbeheerste woede. Dit is wanneer iemand op ’n onbeheerste manier uiting gee aan sy gevoelens teenoor iemand wat hom ontstel het (Ef 4:26). Dit kan seergemaakte gevoelens veroorsaak. – Spr 29:22
Speel die VIDEO ‘Raak ontslae’ van dinge wat vrede vernietig – Uittreksel. Vra dan vir die gehoor:
-
Wat het jy geleer oor hoe maklik ons spraak die vrede van die gemeente kan vernietig?
Om te sien hoe vrede herstel was, kyk “Soek vrede en streef dit na”.
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 25 ¶14-21