DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Gebruik JW Library
VIR STUDIE:
-
Lees die Bybel en die dagteks
-
Lees die Jaarboek, die tydskrifte en ander publikasies. Gebruik die boekmerkfunksie
-
Berei vir die gemeentelike vergaderinge voor en merk die antwoorde
-
Kyk na video’s
BY DIE VERGADERINGE:
-
Slaan tekste na waarna die spreker verwys. Gebruik die geskiedenisfunksie om ’n teks weer te vind
-
In plaas daarvan om die gedrukte publikasies vergadering toe te neem, kan jy jou toestel gebruik om die dele op die program te volg en om die liedere te sing. JW Library het die nuwe liedere wat nog nie in die gedrukte liedereboek is nie
IN DIE BEDIENING:
-
Wys ’n belangstellende iets op JW Library en help hom dan om die app op sy toestel te installeer en publikasies af te laai
-
Gebruik die soekfunksie om ’n Bybelvers te vind. Jy kan ’n sleutelwoord of frase intik om ’n teks te vind
-
Wys ’n video. As die huisbewoner kinders het, kan jy een van die video’s in die reeks Word Jehovah se vriend speel. Of speel die video Waarom moet jy die Bybel studeer? om belangstelling in ’n Bybelstudie te wek. As iemand ’n ander taal praat, kan jy vir hom ’n video in sy taal wys
-
Wys vir iemand ’n teks in ’n ander taal in ’n Bybel wat jy reeds op jou toestel afgelaai het. Gaan na die teks, tik op die versnommer en kies dan die opsie vir ander vertalings