’n Geloofversterkende visioen
Stel jou net voor hoe Jesus gevoel het toe hy hoor hoe sy hemelse Vader tydens die visioen van die gedaanteverandering gesê het dat Hy hom goedkeur. Dit het Jesus beslis versterk vir die moeilike tyd wat vir hom voorgelê het. Hierdie visioen het ook ’n kragtige indruk op Petrus, Jakobus en Johannes gemaak. Ja, Jesus was die Messias, en dit was reg dat hulle na hom geluister het. Petrus het omtrent 32 jaar later nog aan hierdie ondervinding gedink. Hy kon nog onthou hoe hierdie ondervinding “die profetiese woord” vir hom vaster gemaak het. — 2Pe 1:16-19.
Al het ons nie self hierdie verstommende visioen gesien nie, kan ons die vervulling daarvan sien. Jesus regeer as ’n magtige Koning. Hy sal binnekort “sy oorwinning . . . voltooi” en ’n regverdige nuwe wêreld inbring. — Op 6:2.
Hoe het die vervulling van Bybelprofesieë jou geloof versterk?