DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
‘Wat God onder een juk saamgevoeg het . . . ’
Volgens die Mosaïese Wet moes ’n man wat daaraan gedink het om te skei eers ’n regsdokument voorberei. Die doel daarvan was om oorhaastige egskeidings te verhoed. Maar in Jesus se dag het godsdiensleiers dit maklik gemaak om te skei. ’n Man kon vir watter rede ook al van sy vrou skei (“ontslagbrief”, studienota oor Mr 10:4, 11 in nwtsty; “van sy vrou skei”, “pleeg egbreuk teen haar”, studienotas oor Mr 10:11 in nwtsty). Jesus het gewys dat Jehovah die huwelik ingestel en goedgekeur het (Mr 10:2-12). ’n Man en sy vrou moes “een vlees” word in ’n permanente verbintenis. Volgens die ooreenstemmende verslag in Matteus is “hoerery” die enigste skriftuurlike grondslag vir ’n egskeiding. — Mt 19:9.
Vandag beskou baie mense die huwelik soos die Fariseërs dit beskou het, en nie soos Jesus nie. Mense in die wêreld skei sommer gou wanneer probleme kop uitsteek. Maar Christenpaartjies neem hulle huweliksgelofte ernstig op en werk daaraan om probleme te oorkom deur Bybelbeginsels toe te pas. Kyk na die video Liefde en respek maak gesinne sterk, en beantwoord dan die volgende vrae:
-
Hoe kan julle Spreuke 15:1 in julle huwelik toepas, en hoekom is dit belangrik?
-
Hoe kan julle probleme vermy deur Spreuke 19:11 toe te pas?
-
Sê nou julle huwelik het breekpunt bereik. In plaas daarvan om te dink: ‘Moet ek skei?’, watter vrae moet jy jou afvra?
-
Hoe kan jy ’n beter man of vrou wees deur Matteus 7:12 toe te pas?