Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Illustreer sleutelgedagtes

Illustreer sleutelgedagtes

Wanneer ons herbesoeke doen en Bybelstudies hou, moet ons dié wat na ons luister, help om die hoofgedagtes te verstaan. As ons hierdie gedagtes illustreer, kan ons hulle hart raak en hulle help om dit wat hulle leer beter te onthou.

Terwyl jy vir ’n herbesoek of ’n Bybelstudie voorberei, moet jy sleutelgedagtes kies wat jy wil illustreer, en nie onbelangrike besonderhede nie. Kies dan eenvoudige illustrasies oor dinge waarmee mense elke dag te doen het (Mt 5:14-16; Mr 2:21; Lu 14:7-11). Dink aan die persoon se agtergrond en dit waarmee hy hom besig hou (Lu 5:2-11; Joh 4:7-15). Wanneer jy die blydskap in sy oë sien omdat hy ’n gedagte verstaan, sal dit jou baie gelukkig maak.

KYK NA DIE VIDEO ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – VERBETER JOU VAARDIGHEDE – ILLUSTREER SLEUTELGEDAGTES, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom het studente dalk hulp nodig om Bybelverse te verstaan?

  • Hoe het Neeta die Bybelwaarheid in Romeine 5:12 geïllustreer?

  • Goeie illustrasies raak die hart

    Watter uitwerking kan goeie illustrasies hê op dié wat na ons luister?

  • Hoekom moet ons video’s en ander onderrigmiddels wat Jehovah se organisasie vir ons gee, gebruik wanneer ons velddiens doen?