DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Dissipline – ’n Bewys van Jehovah se liefde
Dissipline het hoofsaaklik te doen met onderrigting en opvoeding, maar dit kan ook regstelling en teregwysing insluit. Jehovah dissiplineer ons sodat ons hom op ’n aanvaarbare manier kan aanbid (Ro 12:1; Heb 12:10, 11). Soms is dissipline pynlik, maar dit lei tot regverdigheid en seëninge (Spr 10:7). Wat moet dié wat dissipline gee en dié wat dit kry, onthou?
Dié wat dissipline gee. Ouermanne, ouers en ander probeer om, soos Jehovah, met goedhartigheid en liefde te dissiplineer (Jer 46:28). Selfs streng dissipline moet op ’n manier gegee word wat by die situasie pas en deur liefde gemotiveer wees. – Tit 1:13.
Dié wat dissipline kry. Ons moet geen vorm van dissipline verwerp nie, maar probeer om dit dadelik toe te pas (Spr 3:11, 12). As onvolmaakte mense het ons almal dissipline nodig, en dissipline kom in verskillende vorme. Ons word dalk gedissiplineer deur dit wat ons in die Bybel lees of by gemeentelike vergaderinge hoor. Of party moet soms deur ’n regterlike komitee gedissiplineer word. As ons dissipline aanvaar en dit toepas, sal ons die ewige lewe kry. – Spr 10:17.
KYK NA DIE VIDEO “JEHOVAH DISSIPLINEER HOM WAT HY LIEFHET”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe was Canon se lewe eers, en hoe het dit verander?
-
Watter liefdevolle dissipline het hy by Jehovah gekry?
-
Watter lesse leer ons uit sy ondervinding?