Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Bly voorbereid gedurende die laaste van “die laaste dae”

Bly voorbereid gedurende die laaste van “die laaste dae”

Ons kan verwag dat die lewe al hoe moeiliker gaan raak gedurende hierdie laaste van “die laaste dae” (2Ti 3:1; studienota oor Mt 24:8 in nwtsty). Wanneer daar ’n ramp is, kry Jehovah se volk dikwels instruksies op die regte tyd wat hulle lewe kan red. Ons moet nou al gehoorsaam wees en geestelik sowel as fisies voorberei, want dit kan ons help om dan te oorleef. – Lu 16:10.

  • Berei geestelik voor: Bou ’n goeie roetine op. Leer om verskillende vorme van velddiens te doen. Moenie paniekerig word as jy tydelik van ander in die gemeente geskei word nie (Jes 30:15). Jy is nooit geskei van Jehovah en Jesus nie. – od 178 ¶15-17

  • Berei fisies voor: Buiten grypsakke moet elke huisgesin ’n redelike voorraad kos, water, medisyne en soortgelyke items hê as dit dalk nodig word dat hulle vir ’n lang tyd binne moet bly. – Spr 22:3; g17.5 4, 6

KYK NA DIE VIDEO IS JY VOORBEREID VIR ’N NATUURRAMP?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe kan ons geestelik vir ’n ramp voorberei?

  • Hoekom moet ons . . .

    • goeie kommunikasie met die ouermanne behou?

    • ’n grypsak gereed kry?

    • uitvind oor die verskillende soorte rampe wat daar kan wees en wat om in elke situasie te doen?

  • Op watter drie maniere kan ons ander help wanneer hulle deur ’n ramp getref word?

VRA JOU AF: ‘Watter lesse kan ek uit die COVID-19-pandemie leer oor hoe om voorbereid te wees?’