Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Beheer jou begeertes

Beheer jou begeertes

As onvolmaakte mense sukkel ons heeltyd om ons begeertes te beheer. As ons doen net wat ons wil, kan ons Jehovah se goedkeuring verloor. Byvoorbeeld, party mense is liewer vir kos, klere en hulle huise as vir God. Ander bevredig hulle seksuele begeertes sonder om hulle te steur aan God se standaarde (Ro 1:26, 27). En party mense laat toe dat ander hulle beïnvloed om verkeerde dinge te doen omdat hulle wil hê dat mense van hulle moet hou en hulle moet aanvaar. – Eks 23:2.

Hoe kan ons ons begeertes beheer? Ons moet ons bes doen om op geestelike dinge te fokus (Mt 4:4). En ons moet Jehovah smeek om ons te help om ons begeertes te beheer. Hoekom? Omdat hy weet wat die beste vir ons is en weet hoe om ons regte begeertes te bevredig. – Ps 145:16.

KYK NA DIE VIDEO MOENIE JOU LEWE AAN DIE BRAND STEEK NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom rook party mense?

  • Wat kan rook aan jou doen?

  • Hoekom is dit verkeerd om te rook en te vape? – 2Kor 7:1

  • Jy kan die begeerte om te rook, weerstaan!

    Hoe kan jy nee sê vir rook en selfs ophou rook?