Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

“Liefde . . . is nie bly oor onregverdigheid nie”

“Liefde . . . is nie bly oor onregverdigheid nie”

Ware Christene probeer om al hulle besluite op liefde te baseer. Liefde “is nie bly oor onregverdigheid nie” (1Kor 13:4, 6). Daarom verwerp ons vermaak wat onsedelikheid en geweld in ’n goeie lig stel. En ons is ook nie bly wanneer slegte dinge met ander gebeur nie, selfs al is dit mense wat ons seergemaak het. – Spr 17:5.

KYK NA DIE VIDEO ONTHOU HOE DIE LIEFDE HOM GEDRA – IS NIE BLY OOR ONREGVERDIGHEID NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Dawid gereageer toe hy uitvind dat Saul en Jonatan gesterf het?

  • Watter treurlied het Dawid vir Saul en Jonatan geskryf?

  • Hoekom was Dawid nie bly toe Saul gesterf het nie?