Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik Geniet die lewe vir ewig! om geloof in Jehovah en Jesus op te bou

Gebruik Geniet die lewe vir ewig! om geloof in Jehovah en Jesus op te bou

Bybelstudente moet sterk geloof opbou as hulle God gelukkig wil maak (Heb 11:6). Ons kan hulle help om dit te doen deur die Geniet die lewe vir ewig!-boek te gebruik. Hierdie studieboek bevat belangrike verse, goeie redenasies, effektiewe vrae, motiverende video’s en pragtige prente. Wanneer ons ons studente help om Christelike eienskappe en ’n verhouding met God te ontwikkel, bou ons met vuurvaste materiaal. – 1Kor 3:12-15.

Vir party mense is dit moeilik om te glo dat hulle God se vriend kan wees omdat hulle hom nie kan sien nie. So ons moet hulle help om geloof op te bou in Jehovah se liefdevolle persoonlikheid.

KYK NA DIE VIDEO BOU GELOOF IN JEHOVAH OP DEUR “GENIET DIE LEWE VIR EWIG!” TE GEBRUIK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe weet ons dat die suster goed voorberei het vir die studie?

  • Hoe het sy goeie bykomende vrae gebruik om die student te help om te sê wat sy dink van Jesaja 41:10, 13?

  • Watter uitwerking het die video en Bybelverse op die student gehad?

Baie mense verstaan nie die losprys nie, of hulle beskou dit nie as God se persoonlike geskenk aan hulle nie (Ga 2:20). Daarom moet ons hulle help om geloof op te bou in Jesus se losprysoffer.

KYK NA DIE VIDEO BOU GELOOF IN JESUS OP DEUR “GENIET DIE LEWE VIR EWIG!” TE GEBRUIK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe weet ons dat die broer goed voorberei het vir die studie?

  • Hoe het hy inligting in die “Leer meer”-deel aangepas om die student te help?

  • Hoekom is gebed baie belangrik vir jou student?