Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Is jy voorbereid vir burgerlike onrus?

Is jy voorbereid vir burgerlike onrus?

Soos die einde van hierdie wêreld nader kom, verwag ons dat daar meer burgerlike onrus, terrorisme en oorloë sal wees (Op 6:4). Hoe kan ons voorberei vir uitdagings wat ons in die toekoms sal hê?

  • Berei geestelik voor: Identifiseer Bybelbeginsels en verslae wat jou vertroue in Jehovah en in sy organisasie versterk en wat jou help om neutraal te bly (Spr 12:5; jr 125-126 ¶23-24). Dit is nou die tyd om sterk vriendskappe in die gemeente op te bou. – 1Pe 4:7, 8

  • Berei fisies voor: Maak seker dat jy ’n plan het om veilig te bly as jy nie jou huis kan verlaat nie en dat jy genoeg van alles het wat jy nodig het. Maak seker dat jy weet wat om te doen as jy jou huis moet verlaat. Kyk wat alles in jou grypsak is, en sit ook persoonlike veiligheidstoerusting en geld in. Maak seker dat jy weet hoe om die ouermanne te kontak, en sorg dat hulle weet hoe om jou te kontak. – Jes 32:2; g17.5 3-7

Behou jou geestelike roetine gedurende onrus (Flp 1:10). Moenie van plek tot plek gaan nie tensy dit nodig is (Mt 10:16). Deel jou kos en ander voorraad. – Ro 12:13.

KYK NA DIE VIDEO IS JY VOORBEREID VIR ’N RAMP?, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe kan Jehovah ons help wanneer daar ’n ramp is?

  • Watter praktiese dinge kan ons doen om voor te berei?

  • Hoe kan ons ander help wat deur rampe geraak is?