Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Gebruik dinge wat nou gebeur in jou bediening

Gebruik dinge wat nou gebeur in jou bediening

In sy bediening het Jesus huidige gebeure gebruik om mense lesse te leer (Lu 13:1-5). Jy kan ook dinge wat nou gebeur, gebruik om mense in die Koninkryksboodskap te laat belangstel. Nadat jy gepraat het oor hoe moeilik dit is om ’n bestaan te maak, ’n natuurramp, burgerlike onrus, dwelmverslawing of iets soortgelyks, vra ’n vraag wat die persoon sal laat dink. Jy kan dalk vra: “Dink jy dat daar ooit ’n einde sal wees aan . . . ?” of “Wat dink jy is die oplossing vir . . . ?” Deel dan ’n Bybelvers wat met die onderwerp verband hou. As die persoon belangstel, wys vir hom ’n video of ’n publikasie in ons Gereedskapskissie vir Onderrigting. Terwyl ons probeer om die harte te bereik van die mense in ons gebied, moet ons “alles ter wille van die goeie nuus” doen. – 1Kor 9:22, 23.

In watter onderwerpe sal mense in julle gebied dalk belangstel?