DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Maak jy goed gebruik van die oudio-Bybel?
Wat is die oudio-Bybel? Die oudio-Bybel is ’n opname van die hersiene Nuwe Wêreld-vertaling. Dit word geleidelik in soveel tale as moontlik vrygestel. Een van die kenmerke van die oudio-Bybel is die feit dat dit verskillende stemme vir verskillende Bybelkarakters gebruik. Die woorde word met die regte beklemtoning en emosie gelees sodat dit die Bybel se boodskap op ’n akkurate manier kan oordra.
Hoe word party deur die oudio-Bybel gehelp? Baie wat gereeld na die oudio-Bybel luister, hou van hoe dit God se Woord lewendig maak. Hulle voel dat hulle Bybelgebeure beter kan visualiseer en die inhoud van die Bybel beter kan verstaan omdat hulle verskillende stemme vir verskillende Bybelkarakters hoor (Spr 4:5). Baie vind ook dat dit hulle kalm maak as hulle angstig is wanneer hulle na die oudio-Bybel luister. – Ps 94:19.
Wanneer ons God se Woord hardop hoor, kan dit ’n kragtige uitwerking op ons lewe hê (2Kr 34:19-21). As ’n gedeelte van of die hele oudio-Bybel in ’n taal beskikbaar is wat jy verstaan, kan jy gereeld daarna luister, en dit deel maak van jou geestelike roetine?
KYK NA DIE VIDEO VERVAARDIGING VAN DIE OUDIO-BYBEL – UITTREKSEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAAG:
Wat beïndruk jou oor die vervaardiging van die oudio-Bybel?