Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jehovah is die “Vader van vaderlose kinders”

Jehovah is die “Vader van vaderlose kinders”

Elke jaar besluit baie jongmense om Jehovah se vriend te word (Ps 110:3). Jehovah gee baie om vir elkeen van julle. Hy verstaan waardeur elkeen van julle gaan, en hy belowe om julle te help om hom te dien. As jy deur ’n enkelouer grootgemaak word, onthou dat Jehovah die “Vader van vaderlose kinders” word (Ps 68:5). Met Jehovah se opleiding, kan jy suksesvol wees, maak nie saak wat jou situasie by die huis is nie. – 1Pe 5:10.

KYK NA DIE VIDEO SUKSESVOLLE VEGTERS VIR DIE GELOOF – DIÉ MET NET EEN OUER WAT ’N GETUIE IS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Wat leer jy uit die voorbeelde van Tammy, Charles en Jimmy?

  • Watter belofte kan dié wat deur ’n enkelouer grootgemaak word in Psalm 27:10 vind?