6-12 Mei
PSALM 36-37
Lied 87 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. “Moenie ontsteld wees as gevolg van goddelose mense nie”
(10 min.)
Goddelose mense veroorsaak dat ons swaarkry (Ps 36:1-4; w17.04 10 ¶4)
Wanneer ons kwaad bly vir “goddelose mense” is dit sleg vir ons (Ps 37:1, 7, 8; w22.06 10 ¶10)
Wanneer ons op Jehovah se beloftes vertrou, gee dit ons vrede (Ps 37:10, 11; w03 12/1 13 ¶20)
VRA JOU AF: ‘Stel ek te veel belang in goddelose dade wat in die nuus gewys word?’
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Ps 36:6 – Wat het die psalmis dalk bedoel toe hy gesê het dat Jehovah se regverdigheid soos “hoë berge” [of, “soos berge van God”, vtn.] is? (it-2-E 445)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 37:1-26 (th studie 10)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. (lmd les 1: Punt 5)
5. Volg op
(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Bied ’n Bybelstudie aan vir iemand wat in die verlede nie een wou hê nie (lmd les 9: Punt 4).
6. Toespraak
(5 min.) ijwbv 45 – Tema: Wat is die betekenis van Psalm 37:4? (th studie 13)
Lied 33
7. Is jy voorbereid vir “moeilike tye”?
(15 min.) Bespreking.
As gevolg van natuurrampe en rampe wat deur mense veroorsaak word, het ons broers en susters regoor die wêreld materiële dinge verloor, asook geliefdes aan die dood afgestaan (Ps 9:9, 10). Dit kan met enige een van ons gebeur, so ons moet voorbereid wees vir “moeilike tye”.
Behalwe om fisies voor te berei, a wat kan ons help wanneer daar ’n ramp is?
-
Berei jou verstand voor: Besef dat rampe gebeur, en dink aan wat jy sal doen as een gebeur. Moenie vasklou aan materiële dinge nie. Dit sal jou help om wys op te tree en daarop te fokus om jou en ander se lewens te probeer red in plaas daarvan om jou materiële dinge te probeer beskerm (Ge 19:16; Ps 36:9). En as jy nie te geheg is aan jou besittings nie, sal dit jou help om nie te hartseer te wees oor die materiële dinge wat jy dalk gedurende ’n ramp sal verloor nie. – Ps 37:19.
-
Hou jou verhouding met Jehovah sterk: Versterk jou vertroue in die feit dat Jehovah vir jou kan en wil sorg (Ps 37:18). Voordat daar ’n ramp is, herinner jouself gereeld dat Jehovah sy knegte sal lei en ondersteun selfs al word net ons ‘lewe gespaar’. – Jer 45:5; Ps 37:23, 24.
Wanneer ons vertrou dat Jehovah sy beloftes sal laat waar word, maak ons hom ons “vesting in moeilike tye”. – Ps 37:39.
Speel die VIDEO Is jy voorbereid vir ’n ramp? Vra dan vir die gehoor:
-
Hoe kan Jehovah ons gedurende moeilike tye help?
-
Watter praktiese stappe kan ons neem om voor te berei?
-
Hoe kan ons dié help wat deur rampe geraak is?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 9 ¶8-16
Slotkommentaar (3 min.) |
a Sien die Ontwaak! van 2017, nr. 5, bladsy 4-6.