DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
What Can the Bible Teach Us? —Hoe om dit te gebruik
Die Teach Us-boek (wat later in Afrikaans beskikbaar sal wees) en die Leer Bybel-boek is amper dieselfde. Hierdie hulpmiddele is albei deel van ’n Bybelonderrigter se gereedskap en verduidelik dieselfde waarhede in dieselfde volgorde. Die Teach Us-boek gebruik eenvoudige woorde en verduidelikings. Dit is bedoel vir mense wat sukkel om die Leer Bybel-boek te verstaan. Pleks van ’n aanhangsel het die Teach Us-boek eindnotas wat party terme en konsepte wat in die hoofteks is, op ’n eenvoudige manier verduidelik. Die hoofstukke het nie inleidende vrae of ’n hersieningsvenster nie. Dit sluit eerder af met ’n opsomming van Bybelwaarhede wat in die hoofteks verduidelik is. Die Teach Us-boek kan, net soos die Leer Bybel-boek, enige tyd aangebied word, al is dit nie die aanbod vir die maand nie. Hoe kan ons die unieke kenmerke van die Teach Us-boek gebruik wanneer ons ’n Bybelstudie hou?
OPSOMMING: Wanneer ons ’n Bybelstudie hou, lees ons gewoonlik die paragraaf in die Leer Bybel-boek en dan vra ons die vraag. Hierdie studiemetode werk goed vir die meeste mense. Maar sê nou die student ken die taal nie goed nie of kan nie goed lees nie. In hierdie geval kan jy kies om die Teach Us-boek te gebruik. Dan kan jy die opsommings van die hoofstukke gebruik as die grondslag vir die studie en jy kan die student aanspoor om die hoofteks op sy eie te lees. Dikwels sal ’n studiesessie van omtrent 15 minute genoeg wees om ’n Bybelwaarheid aan ’n student te leer. Omdat die opsommings nie besonderhede insluit wat in die hoofteks is nie, moet die studiehouer goed voorberei en die student se behoeftes in gedagte hou. As die studiehouer die hoofteks gebruik om die studie te hou, kan die opsomming gebruik word as ’n hersiening.
EINDNOTAS: Die terme en konsepte in die eindnotas is in dieselfde volgorde as wat dit in die hoofteks verskyn. Die studiehouer kan besluit of hy die eindnotas in die Teach Us-boek gedurende die studie wil bespreek of nie.