Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | PREDIKER 7-12

“Dink . . . aan jou Grootse Skepper in die dae van jou jonkheid”

“Dink . . . aan jou Grootse Skepper in die dae van jou jonkheid”

Dink aan jou Grootse Skepper deur jou vermoëns te gebruik om hom te dien terwyl jy jonk is

12:1, 13

  • Baie jongmense het die gesondheid en krag om opwindende en uitdagende toewysings aan te pak

  • Jongmense moet hulle tyd en energie in God se diens gebruik voordat hulle deur bejaardheid beperk word

Salomo het digterlike taal gebruik om die uitdagings van bejaardheid te beskryf

12:2-7

  • Vers 3: ‘Die vroue wat deur die vensters kyk, vind dit donker’

    Verswakte oë

  • Vers 4: ‘Die dogters van die lied klink dof’

    Verswakte gehoor

  • Vers 5: “Die kapperbessie bars oop”

    Verminderde eetlus