Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jongmense—Gaan in deur die “groot deur”

Jongmense—Gaan in deur die “groot deur”

Dit kan maklik wees om te dink dat ons vir ewig jonk sal bly en dat ons nooit “die rampspoedige dae” sal ondervind wat met bejaardheid in Satan se wêreld gepaardgaan nie (Pr 12:1). Kan jy, as jy ’n jongmens is, aanneem dat jy baie tyd het om geestelike doelwitte soos die voltydse diens na te streef?

“Onvoorsiene gebeurtenisse” tref ons almal, insluitende jongmense (Pr 9:11). “Julle weet [nie] wat julle lewe môre sal wees nie” (Jak 4:14). Daarom moet ons nie geestelike strewes onnodig uitstel nie. Gaan in deur die “groot deur wat tot bedrywigheid lei” terwyl dit nog vir jou oop is (1Ko 16:9). Jy sal nie spyt wees nie.

’n Paar geestelike doelwitte wat jy kan stel:

  • Om in ’n ander taal te preek

  • Om te pionier

  • Om teokratiese skole by te woon

  • Om konstruksiediens te doen

  • Om by Bethel te dien

  • Om as ’n kringopsiener te dien

Skryf jou geestelike doelwitte neer.