Die Bybel beskryf ’n bekwame vrou
Spreuke hoofstuk 31 bevat ’n belangrike boodskap aan koning Lemuel van sy ma af. Haar wyse raad het hom geleer na watter eienskappe hy in ’n bekwame vrou moet soek.
’n Bekwame vrou is betroubaar
-
Sy maak goeie voorstelle wanneer dit by gesinsbesluite kom, maar sy bly onderdanig
-
Haar man vertrou haar om wyse besluite te neem, en hy dring nie daarop aan dat sy eers sy toestemming oor alles moet vra nie
’n Bekwame vrou is hardwerkend
-
Sy leer om spaarsamig te wees en beskeie te lewe sodat haar gesin netjies kan aantrek en goed gevoed kan wees
-
Sy werk hard en sorg dag en nag vir haar gesin