Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 JOHANNES 1-13; 3 JOHANNES 1-14–JUDAS 1-25

Ons moet hard stry om in die waarheid te bly

Ons moet hard stry om in die waarheid te bly

Judas 3

Jesus het gewaarsku: “Span julle kragtig in om deur die nou deur in te gaan” (Lu 13:24). Jesus se woorde wys dat dit nie maklik sal wees nie en dat ons baie moeite sal moet doen om deur God goedgekeur te word. Judas, Jesus se halfbroer, is geïnspireer om iets soortgelyks te skryf toe hy gesê het dat ons ‘hard moet stry vir die geloof’. Dit kos harde werk om die volgende te doen:

  • Om seksuele sonde te weerstaan. – Jud 6, 7

  • Om mense in gesagsposisies te respekteer. – Jud 8, 9

  • Om ons vertroue in die “allerheiligste geloof”, Christelike leringe, te versterk. – Jud 20, 21