Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Vermy wêreldse invloede wanneer jy ’n troue beplan

Vermy wêreldse invloede wanneer jy ’n troue beplan

Wanneer ’n Christenpaartjie hulle troue beplan, moet hulle baie besluite maak. Groot, uitspattige troues is miskien iets algemeens in hulle gemeenskap, en hulle voel dalk dat hulle ook so ’n troue moet hê. Vriende en familielede wat goed bedoel, het dalk hulle eie idees van hoe die troue moet wees. Watter Bybelbeginsels sal ’n paartjie help om hulle spesiale dag so te beplan dat hulle ’n skoon gewete kan behou en niks doen waaroor hulle spyt sal voel nie?

KYK NA DIE VIDEO TROUES WAT JEHOVAH EER, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het die volgende Bybelbeginsels Nick en Juliana gehelp?

  • Hoekom moet ’n paartjie wat verloof is ’n geestelik volwasse Christenbroer kies om “die feesleier” te wees? – Joh 2:9, 10.

  • Hoekom het Nick en Juliana sekere persoonlike keuses vir hulle troue gemaak?

  • Wie se verantwoordelikheid is dit om die finale besluite oor die huwelikseremonie en onthaal te neem? – w06 10/15 25 ¶10.