Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om telefoongetuieniswerk te doen

Verbeter jou vaardighede in die bediening – Hoe om telefoongetuieniswerk te doen

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Telefoongetuieniswerk is ’n belangrike manier om “deeglik van die goeie nuus . . . te getuig” (Han 20:24). * Dit help ons om vir iemand te getuig wanneer omstandighede dit nie toelaat dat ons hom persoonlik kan besoek nie.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Berei voor. Kies ’n gepaste onderwerp. Maak dan ’n paar notas van wat jy wil sê. Jy kan ook ’n kort boodskap voorberei wat die doel van jou oproep verduidelik as jy dalk ’n boodskap op ’n antwoordmasjien moet los. Dit sal ook help om by ’n tafel te sit met jou notas en ander goed wat jy nodig sal hê, soos ’n elektroniese toestel wat oop is by JW Library® of jw.org®

  • Ontspan. Praat op ’n natuurlike manier. Glimlag en maak gebare asof die persoon jou kan sien. Moenie onnodig pouseer nie. Dit is goed om saam met ander te werk. As die huisbewoner ’n vraag vra, moet jy dit hardop herhaal sodat jou maat jou kan help om die antwoord te vind

  • Lê die grondslag vir ’n herbesoek. As die persoon belangstelling toon, kan jy ’n vraag vra om tydens die volgende oproep te bespreek. Jy kan ook aanbied om spesifieke lektuur per e-pos te stuur, persoonlik af te lewer of te pos. Of jy kan aanbied om een van ons video’s of artikels in ’n boodskap of per e-pos te stuur. As dit gepas is, vertel vir die persoon van ons Aanlyn Bybelstudielesse wat in Engels beskikbaar is of van ’n ander item op ons webwerf

^ par. 3 As julle telefoongetuieniswerk in julle gebied mag doen, moet dit nie die wette oortree wat mense se persoonlike inligting beskerm nie.