DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hoe om velddiensvergaderinge prakties te maak
Soos alle gemeentelike vergaderinge, is velddiensvergaderinge ’n voorsiening van Jehovah wat dit vir ons moontlik maak om mekaar tot liefde en goeie werke aan te spoor (Heb 10:24, 25). Velddiensvergaderinge moet vyf tot sewe minute lank wees. Dit sluit in dat die groepe georganiseer word, gebied toegewys word en ’n gebed gedoen word. (As die vergadering direk ná ’n ander vergadering is, moet dit selfs korter wees.) Die broer wat die vergadering hou, moet iets prakties voorberei vir diegene wat op daardie dag aan die bediening gaan deelneem. Byvoorbeeld, op Saterdae wanneer baie die reëling bywoon wat nie deur die week velddiens kon doen nie, is dit dalk prakties om net te bespreek wat om te sê. Wat is ’n paar ander onderwerpe wat dalk bespreek kan word?
-
’n Voorgestelde gesprek uit Ons Christelike Lewe en Bediening – Vergaderingwerkboek
-
Hoe om iets wat op die oomblik gebeur of ’n nuusberig te gebruik om ’n gesprek te begin
-
Hoe om ’n antwoord te gee op ’n algemene beswaar
-
Hoe om ’n ateïs, ’n evolusionis, ’n persoon wat ’n ander taal praat of ’n persoon wat aan ’n godsdiens behoort wat nie algemeen in jou gebied is nie, te antwoord
-
Hoe om ’n kenmerk van die jw.org-webwerf, die JW Library®-app of die Bybel te gebruik
-
Hoe om een van die publikasies of video’s in die Gereedskapskissie vir Onderrigting te gebruik
-
Hoe om aan ’n spesifieke aspek van die bediening deel te neem, soos telefoongetuieniswerk, om briewe te skryf, openbare getuieniswerk, herbesoeke of Bybelstudies
-
Herinner almal hoe om veilig te wees, aanpasbaar te wees, goeie maniere te hê, ’n positiewe gesindheid te hê of iets soortgelyks
-
’n Les of video uit die brosjure Leer hoe om beter te lees en onderrig
-
Hoe om jou velddiensmaat aan te moedig en te help
-
’n Teks wat verband hou met die bediening of ’n aanmoedigende velddiensondervinding