Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING

Leer Bybelstudente om hulleself geestelik te voed

Leer Bybelstudente om hulleself geestelik te voed

Om Jehovah beter te leer ken en volwasse Christene te word, moet Bybelstudente meer leer as net die waarhede wat ons hulle leer (Mt 5:3; Heb 5:12–6:2). Hulle moet ook leer om hulleself geestelik te voed.

Wys jou Bybelstudente van die begin af hoe om vir hulle Bybelstudie voor te berei, en moedig hulle aan om dit te doen (mwb18.03 6). Moedig hulle aan om te bid voordat hulle persoonlike studie doen. Help hulle om toegang tot elektroniese hulpmiddele te kry en om dit vir persoonlike studie te gebruik. Verduidelik hoe om by te bly met wat nuut is op jw.org en JW Broadcasting®. Leer hulle om die Bybel elke dag te lees, om vir gemeentelike vergaderinge voor te berei en om navorsing te doen oor die vrae wat hulle het. Help hulle om na te dink oor die dinge wat hulle leer.

KYK NA DIE VIDEO HELP JOU BYBELSTUDENTE OM HULLESELF GEESTELIK TE VOED, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Neeta vir Jade gehelp om te sien dat haar Bybelstudie meer behels as om net die antwoorde te ken?

  • Wat het Jade gehelp om te verstaan dat Jehovah reg is om seksuele onsedelikheid te verbied?

  • Leer jou studente hoe om hulle verstand en hart te voed

    Wat het Jade oor bepeinsing besef?