SKATTE UIT GOD SE WOORD
Lesse uit ’n misverstand
Die stamme wat oos van die Jordaanrivier gewoon het, het ’n groot, indrukwekkende altaar gebou (Jos 22:10)
Die ander stamme het hulle van ontrouheid beskuldig (Jos 22:12, 15, 16; w06 4/15 5 ¶3)
Die stamme wat verkeerdelik beskuldig is, het kalm geantwoord, en die situasie het nie gewelddadig geword nie (Jos 22:21-30; w08 11/15 18 ¶5)
Wat leer hierdie verslag ons oor hoe ons moet reageer wanneer ons verkeerdelik beskuldig word? En wat leer ons oor hoe belangrik dit is om nie tot verkeerde gevolgtrekkings te kom wanneer ons nie al die feite het nie? – Spr 15:1; 18:13.