Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ons kan met vertroue uitsien na die einde van hierdie wêreldstelsel

Ons kan met vertroue uitsien na die einde van hierdie wêreldstelsel

Binnekort sal Jehovah se geduld met hierdie wêreld opraak. Valse godsdiens sal vernietig word, ’n groep nasies sal God se volk aanval en Jehovah sal die goddeloses by Armageddon vernietig. Christene sien uit na hierdie belangrike en opwindende gebeure.

Ons weet natuurlik nie wat alles gedurende die groot verdrukking sal gebeur nie. Byvoorbeeld, ons weet nie presies wanneer dit sal begin nie. Ons weet nie watter redes politieke magte sal gee om hulle aanval op godsdiens te regverdig nie. Ons weet nie hoe lank die nasies se aanval op God se volk sal aanhou of wat dit sal insluit nie. Ons weet ook nie presies hoe Jehovah die goddeloses by Armageddon sal vernietig nie.

Maar die Bybel gee vir ons al die inligting wat ons nodig het om moedig en vol vertroue te wees oor wat in die toekoms gaan gebeur. Byvoorbeeld, ons weet dat ons aan die einde van “die laaste dae” lewe (2Ti 3:1). Ons weet dat die aanval op godsdiens “verkort [sal] word” sodat die ware godsdiens nie vernietig sal word nie (Mt 24:22). Ons weet dat Jehovah sy volk sal red (2Pe 2:9). En ons weet ook dat die Een wat deur Jehovah gekies is om die goddeloses te vernietig en die groot menigte deur Armageddon te beskerm, regverdig en kragtig is. – Op 19:11, 15, 16.

Die dinge wat in die toekoms gaan gebeur, sal beslis veroorsaak dat mense “flou word van vrees”. Maar as ons lees en nadink oor Jehovah se reddingsdade van die verlede en wat hy oor die toekoms gesê het, kan ons ‘regop staan en ons koppe oplig’ met die vertroue dat ons verlossing naby is. – Lu 21:26, 28.