DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Integriteit en ons gedagtes
Ons wys nie net ons integriteit deur wat ons sê en doen nie, maar ook deur die dinge waaroor ons dink (Ps 19:14). Daarom moedig die Bybel ons aan om te dink aan alles wat waar is, wat werklik belangrik is, wat regverdig is, wat rein is, wat lieflik is, waarvan goed gepraat word, wat goed is en wat prysenswaardig is (Flp 4:8). Ons kan natuurlik nie altyd keer dat slegte gedagtes by ons opkom nie. Maar selfbeheersing kan ons help om slegte gedagtes met goeie gedagtes te vervang. Deur integriteit in ons gedagtes te behou, sal ons help om integriteit in ons dade te behou. – Mr 7:21-23.
Onder elkeen van die volgende tekste, skryf die soort gedagtes neer wat ons moet vermy: