Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

16-22 Desember

PSALM 119:​57-120

16-22 Desember

Lied 129 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. Hoe om moeilike tye te verduur

(10 min.)

Hou aan om God se Woord te lees en te studeer (Ps 119:61; w06 6/15 20 ¶2; w00 12/1 14 ¶3)

Laat toe dat jou moeilike tyd jou help om ’n beter persoon te word (Ps 119:71; w06 9/1 14 ¶3)

Vertrou op Jehovah om jou te vertroos (Ps 119:76; w17.07 13 ¶3, 5)

VRA JOU AF: ‘Op watter spesifieke maniere het Jehovah my gehelp om my moeilike tye te verduur?’

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 119:96 – Wat beteken hierdie vers dalk? (w06 9/1 14 ¶4)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) HUIS TOT HUIS. Wys vir die huisbewoner die webwerf, en gee vir hom ’n jw.org-kontakkaartjie (lmd les 2: Punt 5).

5. Volg op

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Nooi die persoon na die volgende openbare toespraak. Noem en bespreek die video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? (lmd les 8: Punt 3)

6. Verduidelik wat jy glo

(5 min.) Demonstrasie. ijwbq 157 – Tema: Wat sê die Bybel oor natuurrampe? (lmd les 3: Punt 3)

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 128

7. Jehovah help ons om te volhard

(15 min.) Bespreking.

Christelike volharding is die vermoë om deur moeilike tye te gaan sonder om op te gee. Dit beteken dat ons sterk bly, die regte beskouing van ons probleme het en uitsien na ’n tyd wanneer daar nie meer moeilike tye sal wees nie. As ons volhard, sal ons nie “wegbeweeg” of verslap in ons diens aan Jehovah wanneer ons deur moeilike tye gaan nie (Heb 10:​36-39). En Jehovah is gretig om ons te help gedurende ons moeilike tye. – Heb 13:6.

Vir elkeen van die volgende tekste, skryf neer hoe Jehovah ons help om te volhard.

Speel die VIDEO Bid intens vir dié wat deur moeilike tye gaan. Vra dan vir die gehoor:

  • Hoe kan ons jw.org gebruik om te weet wat met ons broers gebeur wat deur moeilike tye gaan?

  • Hoe kan ouers hulle kinders leer om vir ander te bid, en hoekom is dit goed om dit te doen?

  • Hoekom is dit belangrik om Jehovah te vra om ons broers en susters te help om te volhard?

  • Hoe kan dit ons help om te volhard as ons vir ander bid?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 32 en gebed