Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

18-24 November

PSALM 107-108

18-24 November

Lied 7 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

1. “Dank Jehovah, want hy is goed”

(10 min.)

Net soos die manier waarop Jehovah Israel uit Babilon gered het, red hy ons uit Satan se wêreld (Ps 107:​1, 2; Kol. 1:​13, 14)

Dankbaarheid teenoor Jehovah motiveer ons om hom in die gemeente te loof (Ps 107:​31, 32; w07 4/15 20 ¶2)

Ons kan ’n dankbare hart verkry as ons nadink oor die liefdevolle dinge wat Jehovah vir ons gedoen het (Ps 107:43; w15 1/15 9 ¶4)

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 108:9 – Hoekom was Moab met God se “wasbak” vergelyk? (it-2-E 420 ¶4)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. (lmd les 1: Punt 4)

5. Volg op

(4 min.) INFORMELE GETUIENISWERK. Vertel vir die persoon van ons Bybelstudieprogram, en gee vir die persoon ’n Bybellesse-kontakkaartjie (lmd les 9: Punt 3).

6. Toespraak

(5 min.) ijwyp 90 – Tema: Wat kan ek doen om nie so negatief te wees nie? (th studie 14)

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 46

7. Ons sing om Jehovah te dank

(15 min.) Bespreking.

Nadat Jehovah die Israeliete, wat baie bang was, van die kragtige Egiptiese leërmag gered het, het sy volk begin sing (Eks. 15:​1-19). Die manne het die leiding geneem om hierdie nuwe lied te sing (Eks. 15:21). Jesus en vroeë Christene het ook gesing om God te loof (Matt. 26:30; Kol. 3:16). Ons hou aan om te wys dat ons dankbaar is teenoor Jehovah deur by gemeentelike vergaderinge en byeenkomste te sing. Byvoorbeeld, die liedjie wat ons nou net gesing het, “Ons dank u, Jehovah”, word al vanaf 1966 by ons vergaderinge gesing.

In party kulture is mans dalk skaam om in die openbaar te sing. Ander wil dalk nie sing nie omdat hulle dink dat hulle nie so goed kan sing nie. Maar ons moet onthou dat om te sing deel is van ons aanbidding. Jehovah se organisasie doen baie moeite om pragtige liedjies te skryf en om die regte liedjies te kies om by elke vergadering te sing. Ons het die maklike deel – ons moet net saamsing om ons liefde en waardering vir ons hemelse Vader te wys.

Speel die VIDEO Ons geskiedenis in aksie – Om te kan sing is ’n geskenk, Deel 2.Vra dan vir die gehoor:

  • Wat het in 1944 gebeur?

  • Hoe het ons broers in Siberië gewys dat hulle dit waardeer om Koninkryksliedjies te sing?

  • Hoekom is dit vir Jehovah se Getuies belangrik om te sing?

8. Gemeentelike Bybelstudie

(30 min.) bt hfst. 18 ¶6-15

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 73 en gebed