23-29 Desember
PSALM 119:121-176
Lied 31 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)
1. Hoe om onnodige hartseer te vermy
(10 min.)
Wees lief vir God se gebooie (Ps 119:127; w18.06 17 ¶5-6)
Haat verkeerde dade (Ps 119:128; w93 4/15 17 ¶12)
Luister na Jehovah, en vermy die foute van die “onervarenes” (Ps 119:130, 133; Spr 22:3).
VRA JOU AF: ‘Wat moet ek doen om verkeerde dade meer te haat en my liefde vir God se gebooie te versterk?’
2. Geestelike skatte
(10 min.)
-
Ps 119:160 – Waarvan moet ons oortuig wees volgens hierdie teks? (w23.01 2 ¶2)
-
Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?
3. Bybelleesgedeelte
(4 min.) Ps 119:121-152 (th studie 2)
4. Begin ’n gesprek
(3 min.) HUIS TOT HUIS. (lmd les 1: Punt 5)
5. Volg op
(4 min.) HUIS TOT HUIS. Wys vir ’n persoon hoe om inligting op jw.org te vind waarin hy dalk sal belangstel (lmd les 8: Punt 3).
6. Maak dissipels
(5 min.) Bespreking met ’n Bybelstudent wat nie die vergaderinge gereeld bywoon nie (lmd les 12: Punt 4).
Lied 121
7. Moenie toelaat dat geld onnodige pyn veroorsaak nie
(15 min.) Bespreking.
Dié wat gemotiveer word deur die liefde vir geld het vir hulleself baie pyn veroorsaak (1Ti 6:9, 10). Hieronder is ’n paar onnodige dinge wat pyn sal veroorsaak as ons lief is vir geld en toelaat dat dit die belangrikste ding in ons lewe word.
-
Ons sal nie ’n goeie verhouding met Jehovah kan hê nie. – Mt 6:24
-
Ons sal nooit tevrede wees nie. – Pr 5:10
-
Dit sal vir ons makliker wees om verkeerde dinge te doen soos om te lieg, om te steel en om te bedrieg (Spr 28:20). As ons iets doen wat verkeerd is, sal dit lei tot skuldgevoelens, ’n slegte reputasie, en ons sal God se goedkeuring verloor
Lees Hebreërs 13:5, en bespreek dan hierdie vraag:
-
Watter beskouing van geld sal keer dat ons emosionele pyn ervaar, en hoekom?
Selfs as ons nie lief is vir geld nie, sal ons nog steeds swaarkry as ons nie ons geld wyslik gebruik nie.
Speel die WITBORD-TEKENPRENT Hoe om jou geld goed te gebruik. Vra dan vir die gehoor:
-
Hoekom moet ons ’n begroting hê, en hoe kan ons dit doen?
-
Hoekom is dit goed om ’n bietjie geld te spaar?
-
Hoekom is dit wys om onnodige skuld te vermy?
8. Gemeentelike Bybelstudie
(30 min.) bt hfst. 20 ¶1-7, en inleiding tot deel 7