Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

30 Desember 2024–5 Januarie 2025

PSALM 120-126

30 Desember 2024–5 Januarie 2025

Lied 144 en gebed | Inleidende kommentaar (1 min.)

SKATTE UIT GOD SE WOORD

Israeliete wat uit Babilon teruggekeer het, is gelukkig terwyl hulle oes omdat Jehovah hulle geseën het vir hulle harde werk

1. Hulle het met trane gesaai, maar met vreugde geoes

(10 min.)

Die Israeliete was baie bly toe hulle uit Babilon bevry was om ware aanbidding te herstel (Ps 126:​1-3)

Dié wat na Judea teruggekeer het, het dalk gehuil as gevolg van die harde werk wat hulle moes doen (Ps 126:5; w04 6/1 16 ¶10)

Die volk het volhard en was geseën (Ps 126:6; w21.11 24 ¶17; w01 7/15 18-19 ¶13-14; sien voorblad)

DINK HIEROOR NA: Watter uitdagings sal daar wees gedurende die groot herbouwerk nadat ons uit hierdie ou wêreld by Armageddon gered word? Watter seëninge sal daar wees?

2. Geestelike skatte

(10 min.)

  • Ps 124:​2-5 – Kan ons verwag dat Jehovah ons fisies moet beskerm soos hy die nasie Israel beskerm het? (cl 73 ¶15)

  • Watter geestelike skatte het jy in hierdie week se Bybelleesgedeelte gekry wat jy graag wil deel?

3. Bybelleesgedeelte

LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING

4. Begin ’n gesprek

(3 min.) OPENBARE GETUIENISWERK. (lmd les 3: Punt 5)

5. Volg op

(4 min.) HUIS TOT HUIS. Die persoon het met die vorige besoek gesê dat hy nie seker is of ons kan glo wat die Bybel sê nie (lmd les 9: Punt 5).

6. Maak dissipels

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Lied 155

7. Vind vreugde in God se beloftes

(15 min.) Bespreking.

Jehovah het sy beloftes aan sy volk wat in Babilon gevange was, laat waar word. Hy het hulle gered en hulle vorige sondes vergewe (Jes 33:24). Hy het hulle en hulle diere beskerm teen leeus en ander wilde diere wat vermeerder het gedurende die tyd toe die volk weg was (Jes 65:25). Hulle kon in hulle eie huise bly en die vrugte van hulle eie wingerde eet (Jes 65:21). God het hulle werk geseën, en hulle het ’n lang lewe geniet. – Jes 65:​22, 23.

Bladsy 15: Waterfall: Maridav/stock.adobe.com; mountains: AndreyArmyagov/stock.adobe.com

Speel die VIDEO Vind vreugde in God se beloftes van vrede – uittreksel. Vra dan vir die gehoor:

  • Hoe word hierdie profesieë nou vervul?

  • Hoe sal dit op ’n groter manier in die nuwe wêreld vervul word?

  • Na watter een sien jy die meeste uit?

8. Gemeentelike Bybelstudie

Slotkommentaar (3 min.) | Lied 58 en gebed