DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hoe om goeie antwoorde te gee
Goeie antwoorde bou die gemeente op (Ro 14:19). Diegene wat dit gee, vind ook daarby baat (Spr 15:23, 28). Daarom moet ons by elke vergadering probeer om ten minste een antwoord te gee. Ons sal natuurlik nie elke keer dat ons ons hand opsteek, gevra word om te antwoord nie. Daarom is dit goed om ’n hele paar antwoorde voor te berei.
’n Goeie antwoord . . .
-
is eenvoudig, duidelik en kort. In die meeste gevalle kan dit in 30 sekondes of minder gegee word
-
moet in jou eie woorde gegee word
-
is nie ’n onnodige herhaling van ’n vorige antwoord nie
As jy eerste gevra word, . . .
-
moet jy ’n eenvoudige, direkte antwoord op die vraag gee
As die vraag reeds beantwoord is, kan jy . . .
-
toon hoe ’n teksverwysing verband hou met die punt wat bespreek word
-
sê hoe die punt ons lewe raak
-
verduidelik hoe die inligting toegepas kan word
-
’n kort ondervinding vertel wat ’n sleutelgedagte beklemtoon