Wysheid is beter as goud
Waarom is goddelike wysheid so kosbaar? Dit verlos dié wat dit besit uit slegte weë en hou hulle aan die lewe. Dit het ’n positiewe uitwerking op hulle gesindheid, spraak en optrede.
Wysheid beskerm ons teen trots
-
’n Wyse persoon besef dat Jehovah die Bron van alle wysheid is
-
Diegene wat sukses behaal of wat meer verantwoordelikheid ontvang, moet veral waak teen trots en hoogmoed
Wysheid bevorder goeie spraak
-
’n Wyse persoon gebruik insig om die goeie in ander te vind en praat goed van hulle
-
Wyse woorde is oortuigend en soet soos heuning, nie ongevoelig of stryerig nie