“Vertrou op Jehovah met jou hele hart”
Jehovah verdien ons volle vertroue. Die betekenis van sy naam versterk ons vertroue in sy vermoë om al sy beloftes te vervul. Gebed speel ’n belangrike rol daarin om vertroue in hom op te bou. Spreuke 3 verseker ons daarvan dat Jehovah ons vertroue in hom sal seën deur ‘ons paaie reguit te maak’.
Iemand wat wys is in sy eie oë . . .
-
neem besluite sonder om eers Jehovah se leiding te vra
-
maak staat op sy eie denke of die denke van die wêreld
Iemand wat op Jehovah vertrou . . .
-
bou ’n hegte verhouding met hom op deur Bybelstudie, bepeinsing en gebed
-
soek sy leiding deur na Bybelbeginsels te soek wanneer hy besluite moet neem
EERSTE: Ek doen wat ek dink die beste is |
EERSTE: Ek soek Jehovah se leiding deur gebed en persoonlike studie |
TWEEDE: Ek vra Jehovah om my besluit te seën |
TWEEDE: Ek kies ’n weg wat in ooreenstemming is met Bybelbeginsels |