DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Liefde identifiseer ware Christene — Verwerp selfsug en ergerlikheid
HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Jesus het geleer dat sy dissipels deur liefde geïdentifiseer sou word (Joh 13:34, 35). As ons Christelike liefde het, sal ons ander se belange in ag neem en nie ergerlik raak nie. — 1Kor 13:5.
HOE OM DIT TE DOEN:
-
Wanneer iemand iets doen of sê wat jou seermaak, moet jy ’n oomblik neem en nadink oor die oorsaak van die probleem en ook wat die gevolge sal wees van wat jy beplan om daaromtrent te doen. — Spr 19:11
-
Onthou, ons is almal onvolmaak, en soms sê of doen ons dinge waaroor ons later spyt is
-
Los probleme so gou as moontlik op
KYK NA DIE VIDEO ‘JULLE MOET LIEFDE ONDER MEKAAR HÊ’ — VERWERP SELFSUG EN ERGERLIKHEID, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het Larry oorgereageer op Tom se voorstel?
-
Hoe het dit Tom gehelp om nie ergerlik te raak nie toe hy ’n oomblik geneem het om na te dink?
-
Hoe het Tom se sagte antwoord die spanning verminder?