Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Liefde identifiseer ware Christene — Ons moet ons kosbare eenheid beskerm

Liefde identifiseer ware Christene — Ons moet ons kosbare eenheid beskerm

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Die aand voor Jesus se dood het hy gebid dat sy dissipels “volkome een gemaak kan word”, of eensgesind moet wees (Joh 17:23). As ons hierdie eenheid wil behou, moet ons liefde betoon, en liefde “hou nie boek van die kwaad nie.” — 1Kor 13:5.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Wees soos Jehovah en soek na die goeie in ander

  • Vergewe vryelik

  • Wanneer ’n probleem opgelos is, moet ons nie ou koeie uit die sloot grawe nie. — Spr 17:9

KYK NA DIE VIDEO ‘JULLE MOET LIEFDE ONDER MEKAAR HÊ’ — MOENIE BOEKHOU VAN DIE KWAAD NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Helen in die eerste deel van die video gewys dat sy ‘boekhou van die kwaad’?

  • Hoe het Helen in die tweede deel van die video ontslae geraak van haar negatiewe gedagtes en positief begin dink?

  • Hoe het Helen op die ou end bygedra tot die eenheid van die gemeente?

Wie is die een wat die seerste kry as ons boekhou van die kwaad?