Jehovah se liefdevolle eienskappe
Moses se waardering vir Jehovah se eienskappe het hom gehelp om geduldig met die Israeliete te wees. As ons ons waardering vir Jehovah se eienskappe vergroot, kan dit ons ook help om ons broers en susters op ’n barmhartige manier te behandel.
-
‘Is genadig en betoon medelye’: Jehovah sorg vir sy aanbidders net soos ouers vir hulle kinders sorg – met tere liefde en diepe besorgdheid
-
‘Word nie gou kwaad nie’: Jehovah is geduldig met sy knegte en word nie gou kwaad wanneer hulle foute maak nie; hy gee hulle eerder tyd om veranderinge te maak
-
“Vol lojale liefde”: Jehovah het lojale liefde vir sy volk en daarom sal sy verhouding met hulle vir altyd duur
VRA JOU AF: ‘Hoe kan ek Jehovah se genade en medelye navolg?’