Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Jongmense – Is Jehovah julle beste Vriend?

Jongmense – Is Jehovah julle beste Vriend?

Na watter eienskappe soek jy in ’n vriend? Lojaliteit, goedhartigheid en vrygewigheid is waarskynlik vir jou baie belangrik. Jehovah het al hierdie eienskappe (Eks 34:6; Han 14:17). Hy luister wanneer jy in gebed met hom praat. Hy help jou wanneer jy dit ook al nodig het (Ps 18:19, 35). Hy vergewe jou wanneer jy foute maak (1Jo 1:9). Jehovah is beslis ’n wonderlike Vriend!

Hoe kan jý vir Jehovah ’n vriend wees? Leer ken hom deur sy Woord te lees. Neem hom in jou vertroue (Ps 62:8; 142:2). Wys dat jy die dinge waardeer wat vir Jehovah belangrik is, soos sy Seun, sy Koninkryk en sy beloftes vir die toekoms. Vertel vir ander van hom (De 32:3). As jy ’n baie sterk vriendskap met Jehovah opbou, sal hy vir ewig jou Vriend wees. – Ps 73:25, 26, 28.

KYK NA DIE VIDEO JONGMENSE – “KOM ONDERVIND EN SIEN SELF DAT JEHOVAH GOED IS”, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe kan jy voorberei vir toewyding en doop?

  • Hoe kan ander in die gemeente jou help om Jehovah te dien?

  • Hoe versterk die bediening jou verhouding met Jehovah?

  • Vriendskap met Jehovah kan vir ewig duur!

    Aan watter vorme van Jehovah se diens kan jy deelneem?

  • Watter dinge omtrent Jehovah waardeer jy?