Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Spesiale kampanje in November om God se Koninkryk te verkondig

Spesiale kampanje in November om God se Koninkryk te verkondig

Jesus het “die goeie nuus van die Koninkryk van God” verkondig (Lu 4:43). Hy het mense ook geleer om vir daardie Koninkryk te bid (Mt 6:9, 10). Gedurende November gaan ons ’n spesiale poging aanwend om God se Koninkryk te verkondig (Mt 24:14). Reël jou sake so dat jy ’n volle aandeel aan hierdie kampanje kan hê. Almal wat as hulppioniers gaan dien, kan kies of hulle vir hierdie maand 30 of 50 uur wil doen.

Deel ’n teks oor God se Koninkryk met soveel mense as moontlik in julle gebied. Wanneer jy ’n teks kies, moet jy dink aan die godsdiensagtergrond van die mense wat na jou luister. As iemand tydens die eerste besoek belangstel, moet jy vir hom ’n kopie van die publieke uitgawe van Die Wagtoring, nr. 2 van 2020, gee. Dan moet jy so gou as moontlik na die belangstellende teruggaan en probeer om ’n Bybelstudie te begin met een van die publikasies uit ons Gereedskapskissie vir Onderrigting. Daar is min tyd oor voordat God se Koninkryk al die regerings wat daardie Koninkryk teëstaan, sal vernietig (Da 2:44; 1Kor 15:24, 25). So, kom ons maak ten volle gebruik van hierdie spesiale geleentheid om te wys dat ons aan die kant van Jehovah en sy Koninkryk is!

God se Koninkryk gaan die aarde ’n Paradys maak!