Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Strikke om te vermy wanneer jy ’n Bybelstudie hou

Strikke om te vermy wanneer jy ’n Bybelstudie hou

Jy praat te veel: Moenie voel dat jy alles moet verduidelik nie. Jesus het vrae gebruik om mense te help dink en om tot die regte gevolgtrekking te kom (Mt 17:24-27). Vrae maak die studie interessant en help jou om vas te stel wat jou student verstaan en glo (be 253 ¶3-4). Wanneer jy ’n vraag vra, moet jy geduldig vir die antwoord wag. As die student die verkeerde antwoord gee, moet jy nie vir hom sê wat die regte antwoord is nie, lei hom eerder na die regte gevolgtrekking deur bykomende vrae te vra (be 238 ¶1-2). Praat teen ’n tempo wat die student kans gee om nuwe gedagtes te begryp.—be 230 ¶4.

Jy maak dit moeilik: Weerstaan die versoeking om hom alles te vertel wat jy oor die onderwerp weet (Joh 16:12). Vestig die aandag op die hoofgedagte van die paragraaf (be 226 ¶4-5). Besonderhede, al is dit interessant, kan dit moeilik maak om te sien wat die hoofpunte is (be 235 ¶3). Sodra die student die hoofpunt verstaan, moet jy na die volgende paragraaf gaan.

Jy dek net materiaal: Ons doel is om die hart te bereik, nie om materiaal te dek nie (Lu 24:32). Gebruik die krag van God se Woord deur op die sleuteltekste in die les te konsentreer (2Ko 10:4; Heb 4:12; be 144 ¶1-3). Gebruik eenvoudige illustrasies (be 245 ¶2-4). Dink aan die student se persoonlike uitdagings en oortuigings, en pas die les by hom aan. Jy kan die volgende vrae vra: “Hoe voel jy oor wat jy nou leer?” “Wat leer dit ons omtrent Jehovah?” “Hoe dink jy sal jy daarby baat vind as jy hierdie raad toepas?”—be 238 ¶3-5; 259 ¶1.