Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Spoor belangstellendes aan om vergaderinge by te woon

Verbeter jou vaardighede in die bediening—Spoor belangstellendes aan om vergaderinge by te woon

WAAROM DIT BELANGRIK IS: Vergaderinge bied ons gereelde geleenthede om ‘tot Jehovah te sing’ en om hom te loof (Ps 149:1). By die vergaderinge word ons geleer om God se wil te doen (Ps 143:10). Belangstellendes en Bybelstudente maak gewoonlik groter vordering wanneer hulle die vergaderinge begin bywoon.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Nooi hulle so gou as moontlik na die vergadering. Jy hoef nie te wag totdat ’n Bybelstudie begin is nie.—Op 22:17

  • Verduidelik aan die belangstellende wat hy kan verwag en wat by die volgende vergadering bespreek sal word. Die volgende kan jou hiermee help: die uitnodiging na die gemeentelike vergaderinge, die video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? en les 5 en 7 van die Jehovah se wil-brosjure

  • Bied hulp aan. Het die belangstellende vervoer na die vergadering nodig of hulp nodig om gepaste klere te kies? Sit langs hom by die vergadering en laat hom saam met jou in jou publikasies volg. Stel hom aan ander voor