Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

As ’n kind die deur oopmaak

As ’n kind die deur oopmaak

As ’n kind die deur oopmaak, moet ons vra om met sy ouers te praat. Dit toon dat ons hulle hoofskap respekteer (Spr 6:20). As die kind ons innooi, moet ons nie ingaan nie. As sy ouers nie beskikbaar is nie, moet ons op ’n ander tyd teruggaan.

As die kind ouer is, dalk in sy middel of laat tienerjare, sal dit nog steeds beter wees om eerder met sy ouers te praat. As sy ouers nie beskikbaar is nie, kan ons vra of sy ouers hom toelaat om self te kies wat hy wil lees. As hulle hom toelaat, kan ons vir hom lektuur gee en hom dalk van jw.org vertel.

Wanneer ons ’n herbesoek doen by ’n jongmens wat belangstelling getoon het, moet ons vra om sy ouers te ontmoet. Dit sal ons die geleentheid gee om die doel van ons besoek te verduidelik en om hulle die betroubare raad te wys wat in die Bybel vir gesinne gevind kan word (Ps 119:86, 138). As ons respek en bedagsaamheid teenoor die ouers betoon, sal dit ’n goeie getuienis lewer en ons dalk ander geleenthede gee om hulle van die goeie nuus te vertel.—1Pe 2:12.