Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | PSALM 119

‘Wandel in die wet van Jehovah’

‘Wandel in die wet van Jehovah’

Om in die wet van Jehovah te wandel, beteken dat ons ons gewillig aan goddelike leiding moet onderwerp. Ons het talle goeie voorbeelde in die Bybel van diegene wat, soos die psalmis, Jehovah se wet gehoorsaam het en op hom vertrou het.

Ware geluk hang daarvan af dat ons in God se wet wandel

119:1-8

Josua het getoon dat hy Jehovah se leiding heeltemal vertrou. Hy het geweet dat hy met sy hele hart op Jehovah moet vertrou om gelukkig en suksesvol te wees

God se Woord gee ons die moed wat ons nodig het om beproewinge in die lewe te hanteer

119:33-40

Jeremia het getoon dat hy in moeilike omstandighede moedig is en op Jehovah vertrou. Hy het sy lewe eenvoudig gehou en in sy toewysing volhard

Juiste kennis van God se Woord gee ons moed om te preek

119:41-48

Paulus was nie bang om God se boodskap aan enigiemand te vertel nie. Hy het heeltemal vertrou dat Jehovah hom sal help toe hy moedig vir goewerneur Feliks getuig het

In watter situasies kan ek meer moed toon wanneer ek vir ander getuig?

  • Skool

  • Werk

  • Familie

  • Ander