DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Niks is vermors nie
Nadat Jesus deur middel van ’n wonderwerk vir 5 000 mans, buiten vrouens en kinders, kos gegee het, het hy vir sy dissipels gesê: “Maak die oorblywende brokstukke bymekaar, sodat niks vermors word nie” (Joh 6:12). Jesus het gewys dat hy dankbaar is vir Jehovah se voorsienings deur dit nie te vermors nie.
Vandag doen die Bestuursliggaam dieselfde. Hulle volg Jesus na deur alles wat aan Jehovah toegewy is goed te gebruik. Byvoorbeeld, toe die wêreldhoofkwartier in Warwick, New York, gebou is, het die broers ontwerpe gekies wat sou help dat bydraes op die beste manier moontlik gebruik word.
HOE KAN ONS SORG DAT ONS NIKS VERMORS NIE . . .
-
wanneer ons by Christelike vergaderinge is?
-
wanneer ons publikasies neem wat ons self wil gebruik? (km 5/09 3 ¶4)
-
wanneer ons lektuur neem om in die velddiens te gebruik? (mwb17.02 “Gebruik Bybellektuur wyslik” ¶1)
-
wanneer ons velddiens doen? (mwb17.02 “Gebruik Bybellektuur wyslik” ¶2 en venster)