Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOHANNES 5-6

Wees ’n volgeling van Jesus vir die regte rede

Wees ’n volgeling van Jesus vir die regte rede

6:9-11, 25-27, 54, 66-69

Toe Jesus ’n illustrasie gebruik het wat vir die dissipels moeilik was om te verstaan, het dit party laat struikel en het hulle nie meer saam met hom gewandel nie. Net die vorige dag het Jesus vir hulle deur middel van ’n wonderwerk kos gegee en daardeur bewys dat sy krag van God af kom. Hoekom het die illustrasie hulle dan laat struikel? Hulle het Jesus waarskynlik gevolg omdat hulle selfsugtig was en materiële voordele kon geniet.

Elkeen moet homself afvra: ‘Hoekom volg ek Jesus? Is die hoofrede daarvoor dat ek nou en in die toekoms seëninge wil hê? Of is dit omdat ek vir Jehovah lief is en sy hart wil bly maak?’

Hoekom kan dit ons laat struikel as ons Jehovah dien hoofsaaklik omdat:

  • ons dit geniet om saam met God se volk te wees?

  • ons in die Paradys wil wees?