Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOHANNES 7-8

Jesus het sy Vader verheerlik

Jesus het sy Vader verheerlik

7:15-18, 28, 29; 8:29

Jesus het sy hemelse Vader verheerlik in alles wat hy gesê en gedoen het. Jesus wou hê mense moes weet dat sy boodskap van God af kom. Al sy leringe was op die Skrif gebaseer en hy het dikwels daaruit aangehaal. Wanneer mense Jesus geprys het, het hy nooit die eer daarvoor geneem nie, maar altyd die erkenning aan Jehovah gegee. Vir hom was die werk wat Jehovah hom gegee het die heel belangrikste. — Joh 17:4.

Hoe kan ons Jesus navolg wanneer ons . . .

  • ’n Bybelstudent onderrig of ’n toespraak in die gemeente het?

  • deur ander geprys word?

  • besluit hoe ons ons tyd gaan bestee?