LÊ JOU TOE OP DIE VELDBEDIENING | VERGROOT JOU VREUGDE IN DIE BEDIENING
Aanvaar hulp van medewerkers
Jehovah voorsien “die hele gemeenskap” van ons broers en susters om ons te help (1Pe 5:9). Hulle kan ons help om uitdagings in die bediening met sukses te hanteer. Byvoorbeeld, die apostel Paulus is deur Aquila en Priscilla, Silas, Timoteus en ander gehelp. – Han 18:1-5.
Hoe kan medewerkers jou in die bediening help? Hulle kan vir jou praktiese voorstelle gee oor hoe om besware te oorkom, herbesoeke te doen of hoe om Bybelstudies aan te bied en te hou. Dink aan iemand in jou gemeente wat jou kan help, en vra dan die persoon vir hulp. Julle sal beslis albei baat vind en tot mekaar se vreugde bydra. – Flp 1:25.
KYK NA DIE VIDEO ERVAAR DIE VREUGDE VAN DIE DISSIPELMAAKWERK – AANVAAR JEHOVAH SE HULP – ONS BROERS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
-
Hoe het Neeta Jade probeer aanmoedig om ’n gemeentelike vergadering by te woon?
-
Hoekom moet ons ander verkondigers nooi om saam met ons na ’n Bybelstudie toe te gaan?
-
Waarin het Jade en Abigay albei belanggestel?
-
Watter vaardighede kan medewerkers jou in die bediening leer?